Robert Louis Stevenson

Robert Louis Stevenson
Robert Louis Stevenson in 1893
Gebore13 November 1850
Sterf3 Desember 1894
NasionaliteitVlag van Skotland Skotland
BeroepSkrywer

Robert Louis Stevenson (13 November 1850 – 3 Desember 1894) was 'n Skotse romansier en reisskrywer, wat veral bekend is om sy boeke Treasure Island, Kidnapped, Die Vreemde Geval van Dr Jekyll en Mnr Hyde en A Child's Garden of Verses.

Stevenson is in Edinburgh gebore en ook daar opgevoed. Hy het vir die grootste deel van sy lewe aan ernstige brongiale kwale gely, maar het ten spyte daarvan voortgegaan om beide wyd te skryf en te reis.

As 'n jong man was hy gereeld in Londen se literêre kringe te sien, en persone soos Andrew Lang, Edmund Gosse, Leslie Stephen en W. E. Henley het hom aangemoedig. Daar word bespiegel dat laasgenoemde dalk die model voorsien het vir die karakter Long John Silver in sy boek Treasure Island. Sy reise het hom na Frankryk, Amerika en Australië geneem, voordat hy hom uiteindelik in Samoa gevestig het, waar hy oorlede is.

Hy was in sy dae 'n glanspersoonlikheid, en het beduidend negatiewe kritiek gedurende die 20ste eeu ontvang vir sy werk, alhoewel sy reputasie grootliks herstel is. Hy word tans as die 26ste mees vertaalde skrywer in die wêreld gereken.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy